Reichstag (gebou)

52°31′7″N 13°22′34″E / 52.51861°N 13.37611°O / 52.51861; 13.37611

Die Reichstag-gebou

Die Reichstag-gebou in Berlyn is gebou om die Reichstag (letterlik "Ryksdag"), die oorspronklike parlement van die Duitse Ryk te huisves. Dit is in 1894 geopen en het die Reichstag tot in 1933 gehuisves. In 1999 het dit weer die setel van die Duitse parlement geword na dit herbou is onder leiding van die beroemde argitek Norman Foster.

Vandag word die parlement van Duitsland die Bundestag genoem. Die Reichstag as parlement dateer terug tot die dae van die Heilige Romeinse Ryk en het ophou funksioneer as 'n ware parlement in die dae van Nazi-Duitsland (1933-1945). Vandag word die woord Reichstag allerweë gebruik om na die gebou te verwys en Bundestag om na die parlement.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search